Stellenberg did WP proud
Die Wes-Kaap se 0/15-kampioene verower brons
Die Hoërskool Stellenberg se 0/15-skaakspan het tydens die SA-Topskole Skaaktoernooi wat die afgelope September-vakansie in Bloemfontein gehou is, vir hulle skool en die Wes-Kaap baie lof ingeoes: Hulle het 'n algehele derde plek verower, net 'n halwe punt agter die naaswenners, die Hoërskool Waterkloof, van Pretoria. Die wenners van hierdie toernooi, Midstream College, het die Wes-Kaap se kampioenspan met slegs 3.5 punte geklop!
Die Hoërskool Stellenberg spreek hiermee sy opregte dank uit aan Milieu Eiendomme wat twee behoeftige leerders finansieel ondersteun het om hierdie onvergeetlike toer en toernooi te kon meemaak.
Die Hoërskool Stellenberg se o/15-skaakspan, van links na regs: Hessel Dijkstra, Karl Laubscher, Leigh Heinrich, Dian Strauss, Kwezi Jackson, Stephan Dijkstra.
Article by Mr Pieter Strauss
Die Hoërskool Stellenberg se o/15-skaakspan
